Local NewsNews

Maatskaplike werkers se onbaatsugtige diens word uitgelig

Dawie Lee, bestuurder van SAVF Polokwane het Dinsdag maatskaplike werkers verbonde aan die organisasie se gesins- en bejaardesorg tydens ‘n funksie om Nasionale Maatskaplike Werkersdag te vier, bedank. Die intieme geleentheid is by Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes aangebied. “Maatskaplike werkers is die steunpilare in die gemeenskap. Baie dankie vir julle onbaatsugtige diens en groot …

Dawie Lee, bestuurder van SAVF Polokwane het Dinsdag maatskaplike werkers verbonde aan die organisasie se gesins- en bejaardesorg tydens ‘n funksie om Nasionale Maatskaplike Werkersdag te vier, bedank.
Die intieme geleentheid is by Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes aangebied.
“Maatskaplike werkers is die steunpilare in die gemeenskap. Baie dankie vir julle onbaatsugtige diens en groot opofferings wat julle vir die organisasie maak.”
“Dit is lekker om saam met julle te werk en ek sien uit na nog baie jare saam,” het Lee gesê.
Internasionale Maatskaplike Werkersdag word sedert 1983 jaarliks op die derde Dinsdag van Maart gevier om erkenning aan die belangrike werk wat maatskaplike werkers doen, te gee.

Storie: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Related Articles

Back to top button