Grootste marathon in Limpopo – skryf nou by mall in

Sowat 2 000 atlete het reeds vir die Mall of the North Marathon ingeskryf wat op 1 April plaasvind om seker te maak hul mis nie uit op dié onvergeetlike hoogtepunt op die stadskalender met totale prysgeld van R53 000 nie. Die populêre wedloop begin en eindig by Mall of the North se oorloopparkeerarea en …

Sowat 2 000 atlete het reeds vir die Mall of the North Marathon ingeskryf wat op 1 April plaasvind om seker te maak hul mis nie uit op dié onvergeetlike hoogtepunt op die stadskalender met totale prysgeld van R53 000 nie.
Die populêre wedloop begin en eindig by Mall of the North se oorloopparkeerarea en word oor 5-, 10-, 21,1- en 42,2 km beslis met prysgeld vir die eerste drie atlete in elk van die vier kategorieë.
Rolstoelatlete kan vir die eerste keer in eersgenoemde drie kategorieë inskryf. Inskrywingsgeld wissel tussen R150 (marathon) tot R40 vir die pretdraf. Tydelike lisensies kos R30.
Wat die wedloop merkwaardig maak, is dat sakelui en besighede se onvoorwaardelike verbintenis ‘n sterk aanduiding van hul betrokkenheid en erns ten opsigte van sportontwikke­ling in Limpopo is. Mall of the North bied sedert die ontstaan van die wedloop in 2015 die gesogte wedloop in vennoot­skap met Pietersburg Road Runners (PRR) aan. Polo­kwane Observer,Talisman Hire en Powerade is ook van die begin af betrokke. Die afgelope twee jaar het RE/MAX, First Tecnology en Circle Copy Shop ingekoop.
Aanlyninskrywings kan by www.mallofthenorth.co.za of deur pietersburgroadrunners@gmail.com gedoen word of atlete kan op 1 April by die wegspringplek van 04:00 tot 05:45 registreer.
Skakel PRR-voorsitter en wedlooporganiseerder, Colinda Potgieter by 082 898 8341 of bemarkingsbestuurder van Mall of the North, Mari Delport by 072 698 4867 vir enige navrae.

Storie en foto: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Die vriendelike Johanna Mashishi van PRR help Pitsi Mathatho om om vir die 10 km-afstand in te skryf vir die Mall of the North Marathon. Die foto is in die winkelsentrum by die hulpkiosk voor die Game-ingang geneem.

Exit mobile version