Local NewsNews

Rina kook dat die stoom so staan

Du Toit (20) studeer tans vir haar sjefsdiploma by die Limpopo Chef's Academy en gradueer vandeesmaand.

Om lekker kos te kan maak sit nie in enigeen se broek nie, maar Rina du Toit se vaardighede is van so ‘n top gehalte dat sy haar kookvernuf in Abu Dhabi gaan uittoets.

Sy gaan vanaf 14-19 Oktober vir ‘n volle week Suid-Afrika verteenwoordig tydens Abu Dhabi se World Skills kompetisie. Met die kompetisie gaan deelnemers van regoor die wêreld aan 22 verskillende afdelings deelneem wat kook, robot-werktuigkundige, meganies en verskeie ander vaardighede insluit.

Du Toit gaan dus in die kookafdeling teen ander lande en twee van SA se sjefs meeding. Die byeenkoms is ook net geldig vir studente in die ouderdomsgroep 18-21 jaar oud.

Du Toit moet in drie-ure ‘n driegangmaaltyd voorberei met sekere vereistes wat deur die vaardighede kenners verskaf sal word. Du Toit vertel: “Ek is mal oor kook en het nooit gedink dat ek hierdie eens-in-‘n-leeftyd geleentheid sal kan bywoon nie. Ek is redelik trots op myself, al moet ek dit self sê”.

Sy sê dat sy so baie van kook hou dat wanneer sy teoretiese klasse bywoon, raak sy gefrustreerd en wil net begin kook.

Haar gunsteling afdeling van kosmaak is om nageregte voor te berei.

Tom Hurter (Hoof van die Limpopo Chef’s Academy) sê dat hy stomgeslaan is oor wat Rina bereik het en dat hy nie kan wag om as haar mentor saam oorsee te gaan nie.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button