Hester (82) swaai vir oulaas witvlag

Van Vuuren, werk al vanaf 2009 vir Coetzer, De Beer Prokureurs, en het besluit om uiteindelik af te tree weens gesondheidsredes.

Na jare se harde werk en lojaliteit, het Hester van Vuuren (82) uiteindelik besluit om die witvlag te lig sodat sy rustig kan aftree.

Van Vuuren, wat verantwoordelik was vir die boedelafdeling, werk al vanaf 2009 vir Coetzer, De Beer Prokureurs, en het besluit om uiteindelik af te tree weens gesondheidsredes.

Sy vertel die volgende: “Tikwerk is een van die belangrikste aspekte van my beroep. In die ou dae het ons tikmasjiene gehad, maar niks so modern soos nou nie.

“Die eerste dag toe ek ‘n rekenaarskerm voor my gesien het, het ek nie geweet hoe dit werk nie”.

Van Vuuren vertel ook verder dat sy haar werk gaan mis omdat dit vir haar lekker was om elke oggend op te staan en te weet dat sy iets vir iemand beteken.

Sy sê dat sy nie gaan weet wat om met haarself te maak wanneer sy nie meer so baie werk het om te doen nie.

Medepersoneel vertel dat hulle nou iemand anders moet kry om die geluid van haar voetstappe in die gang te vul.

Dries Coetzer, eienaar van die praktyk, wens van Vuuren alle voorspoed toe met die pad vorentoe. “Sy sal baie gemis word.”

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version