GalleriesNewsSchool sportSchoolsSchools galleriesSport

[FOTO’S] 54ste Bosveld Interhoër: meer as net atletiek!

Die reën kon Saterdag nie die gees demp tydens die kleurvolle 54ste Bosveld Interhoër wat op Thabazimbi gehou is nie.

MOKOPANE – Kort na sewe het die sewe deelnemende skole se sangers, toeskouers en beamptes gereed gesit vir ‘n dag van pet en aksie op die veld van Hoërskool Frikkie Meyer. Die sangers was prentjiemooi getooi in hulle skole se kleure en daar is die hele dag hard gekompeteer vir die sangbeker.

Die dag is begin met die atlete se opkoms en kort boodskappe van onder meer die Frikkies se Skoolhoof, Colin Campbell en beheerligaamvoorsitter, Gerrie Raubenheimer. Skoolvlae is gehys en terwyl dit gesousreën het, het  die dirigente van elke skool kans gekry om hulle tema op die veld te wys. Hoërskool Piet Potgieter (HPP) en die Frikkies se dirigente het gesorg vir puik vertonings wat die toeskouers vasgenael laat sit het terwyl dit gesousreën het.

Dit was reg deur die dag ‘n kop aan kop stryd tussen die Frikkies en Piet Pot en die sangers het onder meer met hoede, sambrele, kleurvolle T-hemde, beffies en onderbaadjies gesorg dat hulle deur die beoordelaars deur die dag raakgesien word.

Geluk aan die Frikkies wat die sangbeker vir die tweede agtereenvolgende jaar net-net voor die neus van HPP  weggeraap het. Hoërskool Warmbad was derde.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button