Pure avontuur in buitelug

Altesaam 20 lede is onlangs met ‘n Wagon Trail Shuttle aangery na die privaat plaas vir ‘n naweek se avontuur in die buitelug.

Kleilatgooi, moddergevegte en swem in die skone natuur was als deel van die Voortrekkers Kameeldoring se kommandokamp op ‘n wildsplaas buite die dorp.

Altesaam 20 lede is onlangs met ‘n Wagon Trail Shuttle aangery na die privaat plaas vir ‘n naweek se avontuur in die buitelug. Die aand het afgeskop met ‘n nagskattejag en Saterdag is verskeie bome, plante en insekte in die natuur geïdentifiseer. Die kinders het ook waterspeletjies geniet en ‘n wildrit onderneem.

Die heerlike warm weer het bygedra dat die kinders in die water kon afkoel. Inlas: Van die penkoppe, drawwertjies en offisiere in die waterpoel waar daar geswem en kleilat gespeel is. Foto’s: Verskaf

Toe die donker nader kruip kon elkeen hulle eie pizza maak en daar is onder die sterre geslaap.
Die Voortrekkers sê dankie vir die eienaars van die plaas, asook J&S Slaghuis, Klipspringer slaghuis, Wagon Trails Tours, Impala Grain, TV Tech.

Laataand het elkeen kans gekry om sy eie pizza te maak.

Roché Jooste en Russel Strauss wat verlede jaar voorslag gedoen het en goud en silwer behaal het, gee die redes waarom die so lekker is om lid van die Voortrekkers te wees:
• Altesaam 49% van die jeug in dieselfde ouderdomsgroep is bekommerd oor die toekoms van die Christelike geloof in Suid-Afrika. By die Voortrekkers word die Christelike geloof of verhouding met God en Christelike lewenswaardes uitgeleef.
• Die Voortrekkers help ons om te baklei vir Afrikaans, ons moedertaal en om ‘n verskil in ons land te maak.
• By die Voortrekkers word jou leierspotensiaal ontwikkel.
• Hier leer jy om in ‘n span saam te werk ook waar lede van die teenoorgestelde geslag by is.
• Altesaam 75% van die jeug in dieselfde ouderdomsgroep is daarvan oortuig dat Afrikaans ‘n amptelike landstaal moet bly en die Voortrekkers bevorder dit.
• Verskeie belangrike lewensvaardighede rus lede toe vir die toekoms en dit gaan gepaard met avontuur en pret.

Die Voortrekkers vergader elke Dinsdag 17:00 tot 17:45 in die lapa by Laerskool Krugerpark, maak gerus daar ‘n draai of kontak Frikkie Grobler by (071) 435 3626 of Ronel Jooste (082) 315 4019 vir meer inligting.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version