HPP onnies beloon vir harde werk

Hierdie prysuitdeling is ingestel om die leerders in die vierde kwartaal te beloon vir hulle top akademiese prestasies aan die einde van 2016.

HOëRSKOOL Piet Potgieter (HPP) het hul eerste prysuitdeling in die geskiedenis van die skool Dinsdagaand gehou, genaamd ‘n ASTRA Academia-aand.

Die 2016 gr. 12 onderwysers wat beloon is by die Waterberg Streektoekenningsgeleentheid het ook kans gekry om hulle trofeë en sertifikate te ontvang vir hulle harde werk en toewyding.

James Steele, oud-onderwyser van HPP wat onlangs oorlede is, se familie het ‘n spesiale oomblik agtergelaat toe hulle sy trofee en sertifikaat namens hom ontvang het.

Die volgende prestasies is deur die onderwysers behaal:
• Deirdré Koekemoer – beste rekeningkundeonderwyser
• Ezahn Maritz – beste Engels eerste addisionele taalonderwyser
• Cecilia Engelbrecht – beste lewenswetenskaponderwyser
• Erndina Viljoen – beste wiskundeonderwyser
• Ilze Malan – beste geografieonderwyser• Helena Broodryk – beste geskiedenisonderwyser
• Rienie Dekker – beste Afrikaansonderwyser
• Hannes Du Bruyn – beste besigheidstudiesonderwyser
• James Steele – beste wiskunde geletterdheidonderwyser
• Elmari Oosthuizen – beste gr. 9 wiskundeonderwyser
• Renier Labuschagne – beste rekenaartoepassingstegnologie onderwyser en HPP is ook die top skool in die Waterberg Distrik in die vak
• Maggie Mathabatha – onderwyser wat ‘n 100% slaagsyfer vir Sepedi behou het
Sien in volgende week se uitgawe die leerders se spogprestasies.
lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version