Pynvolle hengeluitstappie

Laurens Erasmus (31) het 'n ernstige infeksie gekry terwyl hy op 20 Desember verlede jaar by Doorndraai Dam natuurreservaat buite Mokopane gehengel het.

‘N jong man se visvanguitstappie na Sterkrivier het in ‘n nagmerrie ontaard toe hy septisemie ontwikkel het.

Laurens Erasmus (31) het ‘n ernstige infeksie gekry terwyl hy op 20 Desember verlede jaar by Doorndraai Dam natuurreservaat buite Mokopane gehengel het.

Volgens Erasmus se pa, Chris, het sy seun by die dam in ‘n gat getrap waar ‘n voorwerp sy skeenbeen geskraap het. Sy seun het die dag na die uitstappie olik gevoel en vermoed hy het onsteking opgedoen waarna hy ‘n dokter gaan raadpleeg het.

Hy is dadelik in die Limpopo Mediclinic in Polokwane opgeneem met ernstige septisemie. Erasmus was 43 dae in die hospitaal waarvan 14 dae in die intensiewesorgeenheid was. Hy herstel tans tuis. Septisemie is ‘n ernstige bloedinfeksie wat ook bekendstaan as bloedvergiftiging. Dit ontwikkel wanneer ‘n bakteriële infeksie elders in die liggaam, soos in die longe of vel, ontwikkel en dan tot in die bloedstroom versprei.

Laurens Erasmus se been tydens sy intensiewesorgperiode van septisemie. Links: Laurens is ‘n passievolle hengelaar.

Dit is uiters gevaarlik want die bakterië en hul gifstowwe versprei na die hele liggaam. Die geval kan vinnig lewensgevaarlik word en dit is dus van kardinale belang om dadelik ‘n dokter te raadpleeg indien enige simptome opgemerk word.

Die simptome begin met onder meer met vinnige hartkloppings, vinnige asemhaling, verwarring of onvermoë om helder te dink, naarheid en braking, kolletjies wat op die vel verskyn, verminderde urine volume en onvoldoende bloedvloei.

Chris wil lesers maan om oplettend te wees wanneer hulle langs die viswaters ontspan. Bosveld het ‘n plaaslike dokter, wie anoniem wou bly, oor die saak genader.

Hy sê septisemie is redelik algemeen in ons dorp en mense word dikwels daarmee gediagnoseer. Sy raad is om onmiddellik ‘n dokter te raadpleeg indien enige van die simptome, veral koors, waargeneem word.

Geen kommentaar van Doorndraaidam se bestuur is teen druktyd ontvang nie.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version