DBV verleen hulp waar hulle kan

Die vereniging vra die gemeenskap om op 25 Maart hulle gholfdag te kom ondersteun by die Kameeldoring Gholfklub.

Al gaan dit broekskeur om die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging se deure oop te hou, is die personeel 24 uur beskikbaar om in die dorp en buitewyke te help.

Die DBV se uitgawes is hoog, want daar moet gesorg word vir huisvestiging van verskeie diere, asook onder meer mediese versorging, kos, skoonmaakmiddels, brandstof vir die drie voertuie en salarisse.

Die volgende gebiede buite die dorp word bedien: Steilloop, Marken, Vaalwater, Bela-Bela, Tuinplaas, Groblersdal, Jane Furse, Tafelkop en Lebowakgomo.

Die vereniging vra die gemeenskap om op 25 Maart hulle gholfdag te kom ondersteun by die Kameeldoring Gholfklub. Om ‘n putjie te borg kos R1 000.

Die DBV benodig ook dringend ogiesdraad om herstelwerk te doen aan die kathokke.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version