Bosveld NewsLocal NewsNews

Projek loop steeds volstoom

"Ons het besluit om dié projek te dryf, want ons wil graag 'n bydrae maak tot die bewaring van ons gemeenskap en die omgewing."

Die herwinningsprojek wat verlede jaar deur die Mogalakwena Munisipaliteit en Anti Waste op die been gebring is, is danksy die DA raadslede Yolandé Coetzee en Korny Dekker steeds volstoom aan die gang.

Coetzee vertel die projek is aanvanklik met groot opwinding vanaf die gemeenskap ondersteun, maar vind egter steeds dat daar ‘n afname in belangstelling onder die publiek is weens die feit dat die munisipaliteit die asblikke gedurende werksure, wanneer meeste mense op kantoor is, versprei.

“Ons het besluit om dié projek te dryf, want ons wil graag ‘n bydrae maak tot die bewaring van ons gemeenskap en die omgewing.”

Dekker en Coetzee het die munisipaliteit genader met die voorstel dat hulle die projek namens hulle sal dryf en só sal verseker dat alle belangstellendes ‘n asblik ontvang. “Ons lewer asblikke na ure, elke dag vanaf 16:30 tot 18:00 en ook op Saterdae-oggende af. Anti Waste kom maak die asblik dan leeg op dieselfde dae as wat die area se vullis verwyder word.”

Vir diegene wat wil deel vorm van die projek, stuur ‘n SMS na 083 779 7746 met jou naam, adres en kontakbesonderhede.

Vir meer inligting kan Coetzee by 079 273 7986 of Dekker by 082 878 1502, of Anti Waste by 083 345 6172 gekontak word.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button