Gevegte steek weer kop uit

Marcelle Maritz, bestuurder van die DBV, sê gevegte vind twee tot drie keer 'n week in die buitewyke van die dorp plaas.

Hondegevegte het weer kop uit gesteek en die DBV waarsku inwoners om seker te maak hulle diere is veilig agter slot en grendel.

Marcelle Maritz, bestuurder van die DBV, sê gevegte vind twee tot drie keer ‘n week in die buitewyke van die dorp plaas.

Die booswigte steel honde, sorg dan dat hulle sonder kos is en mishandel word voor die wrede gevegte gehou word.

“Hondegevegte is ‘n onding en een van die grusaamste vorms van dieremishandeling.

“Dit vind hier reg onder ons neuse saans plaas. Daar word gebie en baie geld is betrokke. Die booswigte sorg dat die honde aggressief is wanneer hulle losgelaat word om mekaar te verskeur.

“Die honde beswyk aan hulle wonde en dit is hartverskeurend om daardie tjanke te hoor.”

Maritz raai honde-eienaars aan om foto’s van hulle diere te neem. Dit help in ‘n soektog sou die honde spoorloos verdwyn.

Sy wys daarop dat die dierebeskermingswet hondegevegte ten strengste afkeur en oortreders sal vervolg word.

Vir verdere inligting skakel die DBV se noodnommer by 076 538 6291.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version