Local NewsNews

Wiersmoord: Groep beoog betoging by hof

Terwyl familie en vriende Dinsdag van die vermoorde Tanya Wiers afskeid geneem het, het ‘n facebookgroep, Justice for Tanya Wiers die gemeenskap gemotiveer om vandag (Donderdag) voor die plaaslike hof teen die verdagte Frans Maela se borgaansoek te betoog. Maela wat op die dieselfde dag as waarop die bloedbad plaasgevind het, in hegtenis geneem is, …

Terwyl familie en vriende Dinsdag van die vermoorde Tanya Wiers afskeid geneem het, het ‘n facebookgroep, Justice for Tanya Wiers die gemeenskap gemotiveer om vandag (Donderdag) voor die plaaslike hof teen die verdagte Frans Maela se borgaansoek te betoog.
Maela wat op die dieselfde dag as waarop die bloedbad plaasgevind het, in hegtenis geneem is, het verlede Donderdag vlugtig in die Polokwane landdroshof verskyn en sal waarskynlik met sy volgende verskyning vandag vir borgtog aansoek doen.

Frans Maela verskyn vandag (Donderdag) in die plaaslike landdroshof in verband met die moord op Wiers.

Hy het volgens inligting ten tye van die wreedaardige moord by ‘n buurman as tuinier gewerk en bly in Ga-Mamadi, Senwabarwana sowat 80 km buite Polokwane.
Wiers is verlede Dinsdag met haar aankoms by haar huis oorval en vermoor terwyl sy kruideniersware weggepak het wat sy vroeër die dag gekoop het. Haar tienerseun, Rolf jr (16) het na skool op haar bebloede liggaam afgekom.
Rolf, Wiers se man was in Klerksdorp vir werkverpligtinge ten tye van die moord. Die gesin het nog twee kinders, Karla (13) en Bianca (17).
Wiers se roudiens is vanuit die AGS Taberna Dei Moederkampus is Jorissenstraat gehou en Rolf sr het van ‘n stampvol kerk getuig. “Die ondersteuning van die gemeenskap en veral die skole is ongelooflik. Pastoor Berron Fuhri se boodskap was gepas en hy het alle vrae oor hoekom God sulke dinge toelaat om te gebeur, beantwoord,” sê hy.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button