Gewapende rowers teiken Eduanpark wéér

Eduanpark Café het Dinsdagmiddag, ‘n week na die moord op Tanya Wiers omtrent drie straatblokke daarvandaan, ook ‘n teiken van gewapende rowers in Eduanpark geword. Die polisie het ‘n soektog na drie gewa­pende skurke geloods wat omstreeks 15:20 op die winkel toegeslaan het. Die verdagtes was volgens Eduanpark/Welgelegen GPF (Edwel) in donker blou of swart …

Eduanpark Café het Dinsdagmiddag, ‘n week na die moord op Tanya Wiers omtrent drie straatblokke daarvandaan, ook ‘n teiken van gewapende rowers in Eduanpark geword.
Die polisie het ‘n soektog na drie gewa­pende skurke geloods wat omstreeks 15:20 op die winkel toegeslaan het.
Die verdagtes was volgens Eduanpark/Welgelegen GPF (Edwel) in donker blou of swart baadjies geklee met die woord “capital” in wit agterop gedruk.
Hulle het blykbaar in ‘n wit Hyundai sedan met Gauteng-registrasienommer gevlug. ‘n Wit Toyota-bakkie wat glo baie vuil en vol moddel is en waarvan die handelsmerk agter op die klap glo met die hand geverf is, het die toneel op dieselfde tyd verlaat.
Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba het die voorval bevestig.
“Die verdagtes het blykbaar met sigarette en ‘n onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan. Een was glo met ‘n pistool gewapen. Niemand is in die voorval beseer nie en alle moontlike leidrade word opgevolg,” sê Ramoshaba.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version