CrimeNews

Boef vasgetrek na aanval op Mokopane leerder

Wat 'n gewone middag se stap huis toe was, het in 'n nagmerrie vir 'n leerder van Hoërskool Piet Potgieter ontaard toe sy onverwags deur 'n man aangeval en beroof is.

MOKOPANE – Die gr. 11 leerder wat verkies om anoniem te bly, is oor haar kop met ‘n mes geslaan en van haar selfoon beroof toe sy Maandagmiddag na skool in Norman Mashabane- en Pretoriusstraat huis toe stap. Die rower het daarna opvlug geslaan in die naby geleë bosse.

Motoriste het die voorval gesien en dadelik hulp verleen waarna die Mokopane polisie, Suricat Armed Response Sekuriteit en Special Operation Solutions (SOS) binne sekondes op die toneel was.

Met al die hulp is die rower vinnig vasgetrek en na die meisie gebring vir uitkenning.

Reaksie-offisiere van Suricat, Charles Ngobeni, Hendrik Masemeni en Arno Bronkhorst, met die man wat 'n jong meisie aangerand en beroof het.
Reaksie-offisiere van Suricat, Charles Ngobeni, Hendrik Masemeni en Arno Bronkhorst, met die man wat ‘n jong meisie aangerand en beroof het.

Haar selfoon en ander items is in sy broeksak gevind. ‘n Saak van gewapende roof is oopgemaak.

Suricat Armed Response vra die gemeenskap om nie in afgeleë gebiede soos hierdie te loop nie. “Dit hou gevaar in en daar moet ook iets gedoen word aan die grasse wat so wild hier groei,” het Arno Bronkhorst, een van Suricat se knap Reaksie-offisiere gesê.

lione@nmgroup.co.za

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button