Local NewsNews

Kyk uit vir fietsryers

Na aanleiding van die noodlottige ongeluk waarin 'n bekende fietsryer in Desember verlede jaar in Mokopane betrokke was, wil die Mokopane Fietsryklub en ander trappers van die dorp hande met die breër gemeenskap vat om padveiligheid te bevorder.

MOKOPANE – ‘n Fietsryer benodig heelwat ure in die saal om fiks te word en so te bly dus is oefening elke dag belangrik. Die oorgrote meerderheid van fietsryers verkies om op grondpaaie te ry. Om toegang tot die grondpaaie te kry, moet die ryer egter eers deur die dorp beweeg. ‘n Daagliks groeiende groep ryers begin 5 uur in die oggend oefen, juis om verkeer sover moontlik te vermy.

Die meeste sekondêre paaie in en om die dorp is smal en het nie’n skouer nie, met spesifike verwysing na die Percy Fyfe en Marisbashoek sekondêre teerpaaie. Die gebruikers van die twee paaie sou beslis opgemerk het dat daar gereeld fietsryers op die paaie is.

Die fietsryers doen ‘n beroep op mede- padgebruikers om asseblief bedagsaam te wees teenoor fietsryers en daarmee saam die beroep op fietsryers om verkeersreëls te gehoorsaam, asook om bedagsaam en hoflik teenoor motoriste te wees.

Wat kan motoriste doen om te help:

Die nasionale veldtog “stay alive at 1.5” en “stay wider of the rider” versoek vinniger voertuie om ten minste 1.5 meter vanaf ‘n fietsryer verby te beweeg. Indien die pad dit toelaat beweeg sover as moontlik van ‘n fiets verby.

Indien daar aankomende verkeer is verminder spoed en steek die fietsryer verby slegs wanneer dit veilig is.

Die motoris moet ook in ag neem dat dit dikwels nie veilig is vir die fietsryer om van die pad af te beweeg en sodoende plek te maak vir motorvoertuie nie.

Motoriste moet ook in ag neem dat fietsryers nie noodwendig ‘n voertuig kan hoor aankom nie tot op n baie laat stadium, en dus nie betyds uit die pad kan beweeg nie. Die

skouers van baie paaie het slegte plekke in wat die fietsryer noodsaak om uit te swaai.

Indien die fietryer bewus is van aankomede verkeer van agter sal hy/sy egter n plan beraam om nie voor die voertuig in te beweeg nie, maar die motoris moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie.

Wat sê die reg?

‘n Motorbestuurder het die verpligting om behoorlike uitkyk te hou vir fietsryers. Die reg neem voorts kennis dat dit baie moeilik is vir ‘n

fietsryer om in ‘n reguit lyn te beweeg op ‘n spesifike vasgestelde roete en dat daar altyd speling gelaat moet word dat die fietsryer moontlik na die kant kan uitswaai. As die fietsryer ‘n kind is of as daar ‘n sterk wind waai is daar ‘n groter verpligting op die motorbestuurder om behoorlik uitkyk te hou.

Die motorbestuurder het die verpligting in seker omstandighede om die fietsryer betyds te waarsku dat daar ‘n motorbestuurder op pad is asook voldoende spasie te laat in die verbygaan aksie.

‘n Fiets kwalifiseer onder die definisie van ‘n voertuig (“motor vehicle”) en dus het ‘n fietsryer gevolglik dieselfde regte en verpligtinge as ‘n motorbestuurder. Die verpligtinge sluit in om behoorlik uitkyk te hou, te voldoen aan die padreëls ten opsigte van die verbyvat van ander fietse of motorvoertuie, die reëls wat in ag

geneem word as ‘n bestuurder wil uitswaai en die verpligting om agter mekaar te ry. ‘n Fietsryer kan gevolglik vir nalatige bestuur aangekla word.

Die reg neem kennis daarvan dat daar ‘n aansienlike toename is in motorongelukke ((insluitend noodlottige motorongelukke) waarin fietsryers betrokke is.

Regulasie 311 van Die Padverkeerswet 93 van 1996 plaas die volgende statutêre verpligtinge op ‘n fietsryer:

• Die fietsryers moet wydsbeen oor die saal sit en moet in enkelgelid agtermekaar ry, behalwe wanneer die een fietsryer ‘n ander een verby vat.

• Fietsryers mag nie mekaar verby vat wanneer daar reeds twee fietsryers langs mekaar is nie. ‘n Fietsryer mag nie aan ‘n voertuig vashou met die doel om agterna getrek te word nie.

• Nie uitswaai van een kant van die pad na die ander kant nie

• ‘n Fietsryer mag nie ‘n persoon of ‘n objek vervoer wat sy uitsig sal versper of sy beheer oor die fiets sal beïnvloed nie.

• Een hand moet te alle tye op die handvatsel van die fiets wees.

• As daar ‘n fietspad is moet die fietsryer op die aangewese pad ry.

• As die fietsryer op die aangewese fietspad is, moet albei wiele te alle tye op die teeroppervlak wees.

• Fietsryers moet verkieslik helder sigbare klere dra.

Related Articles

Back to top button