Nuwe hoof en groentjies nou trotse Pottikaners

Die nuwe Skoolhoof, Jimmy Steele, dra van nou af met trots sy Hoërskool Piet Potgieter das.

MOKOPANE – Nie net het Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se gr. 8’s  vanoggend volwaardige Pottikanerstatus gekry nie, maar die nuwe Skoolhoof, Jimmy Steele, dra van nou af met trots sy HPP-das.

Steele het vroegoggend die klok by die ingang na die skool gelui waarna die twee hoofleiers, Abrie van der Merwe en Cecilia Engelbrecht, gesorg het dat sy das van Pietersburg Hoër geruil word met ‘n spoggerige Piet Pot das. Hy is hartlik verwelkom deur Cobus Bekker, voorsitter van die skool se beheerliggaam. Daarna het die groentjies kans gekry om die klok te lui.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

 

Exit mobile version