Juweledief word skuldig bevind

Die gewese eienaar van Die Goudsmit juwelierswinkel, Simoné van Wyk (27) het na bewering oor 'n tydperk van 12 maande in 2014 'n menigte kliënte se juwele tot die geskatte waarde van R500 000 gesteel.

MOKOPANE – Die gewese eienaar van Die Goudsmit juwelierswinkel, Simoné van Wyk (27), is Woensdag in die Mokopane Streekshof skuldig bevind op 13 aanklagtes van diefstal.

Van Wyk, het na bewering oor ‘n tydperk van 12 maande in 2014 ‘n menigte kliënte se juwele tot die geskatte waarde van R500 000 gesteel.

Verskeie van die dorp se vroue wat deurgeloop het, het vroeër teen haar getuig.

‘Sy is ‘n juweledief en hoort agter tralies’

Hulle het hulle juwele na haar geneem vir herstelwerk en dit nooit terug ontvang nie.

Een van die getuies, Jeanette van der Merwe, het beweer dat twee van haar 9 karaat goue halssnoere, ter waarde van R74 000 gesteel is nadat van Wyk aan haar vertel het dat die “skoonmaker” dit gebuit het.

‘n Ander getuie, Martie Augustyn het haar drie 9 karaat goue halssnoere ter waarde van R9 000 na die Goudsmit geneem vir herstelwerk. Volgens haar het sy ‘n menigte kere opgevolg om te hoor of haar halssnoere afgehaal kan word, waarna Van Wyk elke keer ‘n verskoning gehad het.

Landdros Gerhard Pretorius het daarop gewys dat Van Wyk, wat onskuldig gepleit het, ‘n onbetroubare getuie was en haar kliënte mislei het. Sy is op waarskuwing uit.

Sy sal weer op 29 Maart in die hof verskyn vir vonnisoplegging.

Read more:
Goudsmit eienaar weer in hof oor bedrog

Juwelier pleit onskuld

Exit mobile version