Bosveld NewsLocal NewsNews

Nuutste familielid steek ore uit by bewaringsentrum

‘n Nuwe inwoner by die Mokopane Biodiversiteitsbewaringsentrum het verlede week sy verskyning in die modderpoele gemaak.

MOKOPANE – ‘n Fris Dwergseekoeibulkalf van sowat 7 kg is die nuwe toevoeging tot die sentrum.
Mark Howitt, Bestuurder van die Mokopane Biodiversiteits- bewaringsentrum, het aan Bosveld vertel dat hierdie jongeling homself binne een dag in die water tuisgemaak het.
Die kalf drink ongeveer elke uur en ‘n half aan sy ma.
Howitt vertel verder dat die kalf sterk by geboorte was en groter as die normale gewig van 4 kg. Die ma van die kalf is al 17 jaar oud en kom oorspronklik uit die Johannesburg dieretuin uit.
Howitt verduidelik seekoeie is oor die algemeen alleenlopers en territoriale diere daarom moet die kalf van sy pa af weggehou word, anders sal hy doodgebyt word.
Hy sal dan vir sowat twee jaar saam sy ma in een hok bly en dan van haar geskei word.
“Dwergseekoeie kan definitief as ‘n bedreigde spesie gesien word omdat daar net sowat 2 000 van hulle in die wêreld oor is.”
Hy vertel daar word nie eintlik handel gedryf met dwergseekoeie nie, omdat hulle die spesie wil bewaar.
“Die geldwaarde is dus min. Volgens hom word daar ook al hoe meer bulle in Suid-Afrika gebore en dit kan ‘n probleem raak op die langtermyn wat bewaring aanbetref. Geen naam is sover vir die nuweling gegee nie.
lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button