Lang arm van gereg keer 26 aan

Die polisie het die naweek tydens wydverspreide operasies 26 verdagtes regoor die provinsie op verskeie aanklagte gearresteer. Provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo sê die vermeende booswigte sal in verskeie howe op aanklagte van onder meer diefstal, aanranding, brandstigting en die onwettige besit van vuurwapens, ammunisie en plofstof verskyn. Mojapelo het ook gesê drie van …

Die polisie het die naweek tydens wydverspreide operasies 26 verdagtes regoor die provinsie op verskeie aanklagte gearresteer.
Provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo sê die vermeende booswigte sal in verskeie howe op aanklagte van onder meer diefstal, aanranding, brandstigting en die onwettige besit van vuurwapens, ammunisie en plofstof verskyn.
Mojapelo het ook gesê drie van die vier verdagtes in twee afsonderlike plaasaanvalle in Hae­nertsburg en Magoebas­kloof waarin bejaarde egpare aan­gerand en beroof is, is aangekeer. Hulle sou na verwagting Dinsdag in die Haenertsburg Landdroshof verskyn het. Sien storie elders.
‘n Zimbabwiër is by die Beitbrug grenspos aangekeer vir die besit van 500 slagdoppies terwyl vyf verdagtes vir die onwettige besit van dagga ter waarde van R2 000 in Lephalale aangekeer is.
“Drie mense is in Ritavi en Mahwelereng onderskeidelik vir besit van twee pistole en ‘n rewolwer in hegtenis geneem. Die pistole se reeksnommers is afgevyl. Verder is verskeie verdagtes op aanklagte van besigheidsroof, huisbraak en gewapende roof in hegtenis geneem,” sê Mojapelo.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto’s: Dagga ter waarde van R2 000 is gekonfiskeer. Inlas: Een van die drie handwapens wat die naweek tydens ‘n operasie gevind is. (Foto’s: Verskaf)

Exit mobile version