Local NewsNews

Noodforum help

Eulogia de Wet, Maatskaplike werker, bedank al die besighede en individue wat help om die forum se wiele aan die rol te hou nadat die noodsaaklike subsidie vanaf die staat verlede jaar gestaak is.

DIE Mokopane Noodforum se deure is steeds wawyd oop danksy die goeie ondersteuning van die gemeenskap.

Die Noodforum in Thabo Mbekirylaan lewer noodsaaklike dienste op maatskaplike gebied en help onder meer met kos vir talle hulpbehoewende gesinne.

Eulogia de Wet, Maatskaplike werker, bedank al die besighede en individue wat help om die forum se wiele aan die rol te hou nadat die noodsaaklike subsidie vanaf die staat verlede jaar gestaak is.

De Wet is reeds aan die beplan om verskeie fondsinsamelingsveldtogte van stapel te stuur waarvan die eerste ‘n Valentynsdans op 11 Februarie sal wees.

Op 4 Maart word ‘n kleuterskou beoog waar opvoedkundige speelgoed onder meer aangeskaf kan word.

Die forum gaan ook weer sy gewilde 4×4-dag op 25 Maart hou.

De Wet sê mense wat hulp nodig het of betrokke wil raak by die forum, is welkom om haar te skakel by (015) 491 2506 of besoek gerus die nuwe webwerf: www.needforum.co.za

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button