Dié tweelinge is almal kop in een mus

Trapklippies Kleuterskool spog vanjaar met drie pare tweelinge.

VINKEL en Koljander. Die een nes die ander. Trapklippies Kleuterskool spog vanjaar met drie pare tweelinge.

Om Jaco en Leané Oosthuizen, JC en JD Smit en Alex en Alexzander du Toit uit te ken waar hulle saam met die sowat 90 ander kleuters van die skool speel, kos mooi kyk.

Interessante feite oor tweelinge:

• Nie-identiese tweelinge kom voor wanneer twee bevrugte eierselle tydens dieselfde menstruele siklus implanteer in die uterus. As gevolg hiervan vorm daar twee sigote en is ook as ‘n disigotiese tweelingswangerskap bekend. Nie-identiese tweelinge deel nie dieselfde genetiese materiaal nie en is op dieselfde manier aan mekaar verwant as normale broers en susters.

• Identiese tweelinge, ook bekend as monosigotiese tweelinge, kom voor wanneer ‘n enkele eiersel bevrug word en ‘n enkele sigoot vorm. Na hierdie stadium vind die verdeling in twee verskillende embrio’s plaas. Afhangende van wanneer die verdeling plaasvind, kan die tweeling ‘n amnionsak en plasenta deel, of nie. As die verdeling laat plaasvind, deel hulle en as dit vroeg plaasvind, deel hulle nie. Tweelinge wat dieselfde sak deel, word ook ‘n mono-amniotiese tweeling genoem. Dié soort tweeling is geneties identies.

• Wanneer die naelstring van enige gebore baba geknip word, los dit ‘n letsel wat as die naeltjie bekend is. Hierdie is een van die enigste maniere om ‘n tweeling uit mekaar te ken omdat hierdie nie ‘n genetiese aspek is nie, maar menslik uitgevoer word.

• Nog ‘n manier om ‘n tweeling uitmekaar te ken is deur hulle vingerafdrukke. Geen identiese of nie-identiese tweeling se vingerafdrukke is eenders nie.

• Wat klink soos twee baba’s wat babbel, is eintlik ‘n tweeling se geheime taal.

• Sommige tweelinge kan spieëlbeelde van mekaar wees. Dit wil sê wanneer die een ‘n geboortemerk op die linkerarm het, het die ander persoon dieselfde geboortemerk op die regterarm.

lionel@nmgroup.co.za

Exit mobile version