Bejaarde egpaar op plaas aangeval

Die polisie is op soek na vier verdagtes wat Woensdag omstreeks 23:00 ‘n bejaarde egpaar, Richard en Anita Wiggill op ‘n plaas in Haenertsburg aangeval en erg aangerand het. Provinsiale polisiewoordvoerder, Mamphaswa Seabi sê twee van die vier verdagtes het glo die enigste werker op die plaas oorval en vasgebind terwyl die ander twee na …

Die polisie is op soek na vier verdagtes wat Woensdag omstreeks 23:00 ‘n bejaarde egpaar, Richard en Anita Wiggill op ‘n plaas in Haenertsburg aangeval en erg aangerand het.

Provinsiale polisiewoordvoerder, Mamphaswa Seabi sê twee van die vier verdagtes het glo die enigste werker op die plaas oorval en vasgebind terwyl die ander twee na die Wiggills se huis is.

“Hulle is aangerand en van R18 000, drie selfone, ‘n radio en televisie beroof voordat die aanvallers in die egpaar se wit Izusu-bakkie gevlug het,” sê Seabi.

Die bakkie is ‘n 2014/15 model met registrasienommer CVV 887 L.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Ngamoni by 082 414 3031 skakel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version