Bosveld NewsNews

Janke leef in die oomblik

Top punte vir top leerders: Janke Blount, HPP, agt onderskeidings

“Ek het regtig nie verwag dat ek so goed gaan doen nie. Dit was aan die moeilike kant gewees. Die heel moeilikste vraestel was wiskunde. My mentor gedurende die jaar was juffrou Erndina Viljoen. Sy het my altyd aangemoedig om beter te vaar en tot die beste van my vermoë te presteer. Ek beplan om hierdie jaar Optometrie in Bloemfontein te gaan studeer. Ek vind dit interessant. Ek sien die meeste uit om nuwe goed te gaan leer en ander mense te ontmoet op die kampus. My gesin was baie bly oor my goeie uitslae. Ek hou ook van sport en maak die beste van elke dag. Ek gaan my vriende mis.”

Janke Blount, HPP, agt onderskeidings

Related Articles

Back to top button