Arbeidsterapie haar passie

Top punte vir top leerders: Jana-Lené van Eck, Hoërskool Piet Pogieter, ses onderskeidings

“Ek het nie verwag om so goed te doen nie. Ek het hard geleer en die vraestelle was redelik moeilik. Die moeilikste vak was wiskunde. My mentor deur die jaar het my baie gehelp om te besef hoe passievol mens oor jou werk moet wees en dat jy dit waarvan jy hou jou loopbaan moet maak. My mentor was juffrou Rienie Dekker. Ek gaan vanjaar arbeidsterapie in Bloemfontein studeer. Ek het dit gekies omdat ek van kinders hou en ook met mense wil werk. My ouers was so opgewonde oor my goeie punte. Ek geniet ook sport soos hokkie en hardloop. Ek hoop om vorentoe my eie praktyk te hê en sal ook in sielkunde wil studeer. Ek gaan glad nie die akademie van die skool mis nie, maar wel my vriende.”

Jana-Lené van Eck, Hoërskool Piet Pogieter, ses onderskeidings

Exit mobile version