Bosveld NewsNewsSchools

Nuwe hoof wys sy staal

Jimmy Steele is die nuwe man aan die stuur van Hoërskool Piet Potgieter

MOKOPANE – “Dit is hoe ek lyk, julle sal my nog leer ken,” is die woorde waarmee Jimmy Steele, die nuwe man aan die stuur van Hoërskool Piet Potgieter, sy skool se leerders Woensdag tydens die skoolopening gegroet het.

Met gemengde emosies het onderwysers en leerders geluister wat die nuwe Skoolhoof van Piet Pot beplan vir 2017. Steele het dit baie duidelik gemaak dat akademie die hoof prioriteit sal wees.

Hy het aan die matriekklas van 2017 gevra dat hulle hard sal werk sodat die matriekslaagsyfer vir 2017 self nog beter sal wees as 2016. Die nuwe groentjies is verseker dat hulle nie alleen nuut en onseker hoef te voel nie en dat hulle skoolhoof uitsien om vir die volgende vyf jaar saam met hulle ‘n opwindende pad te stap.

Steele het dit ook baie duidelik gemaak dat ten spyte van die pret wat hul as skool saam gaan deel daar geen onvanpaste gedrag geduld sal word nie. Leerders moet respek toon en die skool se waardes uitleef. Met ‘n nuwe hoof, uitgeruste personeel en ywerige leerders is HPP reg om 2017 die beste jaar nog te maak.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button