Bosveld NewsNews

Mediese rigting wag vir Maxine

Top punte vir top leerders: Maxine Lehutso, 2016 hoofmeisie by Waterberg High

“Ek het verwag om goed te doen want ek het baie hard geleer. Vir my is dit moeilik om ‘n mentor te kies wat my aangemoedig het tot die einde, maar ons hoof, mnr. André Horn het my die meeste geïnspireer. Ek is van plan om in ‘n mediese rigting aan die Universiteit van Kaapstad te studeer want ek hou daarvan om met mense te werk en dit sal vir my interessant wees om te weet dat ek lewens kan red. Ek is baie opgewonde oor die universiteitslewe en kan nie wag om nuwe mense te ontmoet nie. Ek wil ook nog in die toekoms my eie besigheid bestuur en sien myself oor tien jaar in my eie praktyk. Wat ek die meeste van skool sal mis is die ondervinding wat ek opgedoen het en die feit dat al ons matrikkulante so goed oor die weg kon kom”.

Maxine Lehutso, 2016 hoofmeisie by Waterberg High

Related Articles

Back to top button