NewsSchools

Kruinies verwelkom top afrigter

Curro Heuwelkruin is 'n jong skool wat vinnig groei en baie planne vir die toekoms het.

POLOKWANE – Een van hul planne wat waar geword het, is om ‘n nuwe afrigter aan te stel.

“Ons is uiters bevoorreg om die dienste van een van die land se top skolerugbyafrigters, André Hay, te kon bekom,” vertel Eben Lingenfelder, hoofuitvoerendebeampte van Heuwelkruin.

André was sedert 2004 die sport-organiseerder van die Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen waar hy gehelp het om dié skool te vestig as een van die top rugbyskole in die land. Onder sy bekwame leiding het Ben Vorster nie minder as agt Beeldtrofeë ingepalm nie.

“Behalwe vir André se betrokkenheid by sy skool se rugby, is hy ook vanaf 2004 betrokke by die keuring en afrigting van provinsiale spanne in beide die sewes- en 15-man kodes.”

Hy is die huidige hoofafrigter van die o/18-Cravenweekspan, ‘n pos wat hy al sedert 2006 beklee. André het ook opgetree as hoofafrigter van die Limpopo Senior-sewesspan vir drie seisoene, sowel as die o/18-provinsiale sewesspan. Tydens die afgelope algemene jaarvergadering (AJV) van die Limpopo Blou Bulle Afrigters-vereniging is hy ook aangewys as die voorsitter van dié vereniging wat alle opleiding aan afrigters reël en koördineer.

Hy is ook tydens die hoërskole se AJV aangewys as voorsitter van die Noordstreek.

“André is in 2015 deur SA Rugby genooi om die World Rugby Vlak Drie Afrigterskursus by te woon. Hierdie eer is baie min afrigters beskore en tans is hy die enigste afrigter in Limpopo wat genooi is om hierdie kwalifikasie te verwerf. Hy het ook verskeie elite kursusse onder Jake White, Heyneke Meyer en Rassie Erasmus bygewoon,” vertel Eben.

André is sedert 2015 ‘n talentident-ifiseringsbeampte vir SA Rugby vir o/15- en o/17-spelers. As sportagent tree hy as bestuurder op vir professionele en semi-professionele spelers en het hy noue kontak met spelersagente. Met sy sterk sportagtergrond, sowel as ‘n tersiêre kwalifikasie in bemarking, is André die perfekte kandidaat om die rol van Bestuurder: Elite Sport aan Heuwelkruin te vestig. Benewens sy betrokkenheid by rugby sal hy die ontwikkeling van die skool se top sportsterre in alle kodes nougeset monitor om toe te sien dat alle deelnemers met die potensiaal om dit op top vlak te maak, optimaal ontwikkel word. André het ‘n baie goeie verhouding met talentidentifiseerders aan al die universiteite sowel as provinsiale unies. “Dié aanstelling val saam met Curro se finale fase van ontwikkeling van Heuwelkruin se kampus wat onder andere ‘n Olimpiese standaard swembad, gimnasium, addisionele netbal- en tennisbane onder spreiligte en luukse akkommodasie insluit,” verduidelik Eben.

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button