POLOKWANE – Vir die afgelope jaar maak Mallet ‘n lewe deur motoriste naby ‘n groot winkelsentrum vir geld en kos te vra – hoofsaaklik om sy verblyf van R100 ‘n dag te betaal, asook kos vir sy hond.
Mallet het sedert die ongeluk en sy verskyning in die koerant, selfs meer hulp ontvang van mense wat daagliks by hom verbyry.
Die dae op die straat is nie altyd maklik nie.
“Daar is party dae minder mense wat my vloek en sleg sê en daar was al ‘n dag of twee wat ek my kamer vooruit kon betaal.
“Ek wil net graag aan almal baie, baie dankie sê wat my ondersteun en help om ook ‘n dak oor my kop te kan hê,” vertel Mallet.
Om Review te bedank vir die artikel en hulp wat hy ontvang het na die berig verskyn het, het Mallet ‘n sjokoladekoek gekoop vir die koerant se personeel.
“Ek sal graag wil sien of daar nie eendag ook ‘n spesiale dag gehou kan word waar mense van verskillende plekke in die stad bymekaar kom en op ‘n straat hoek gaan staan om te sien hoe moeilik dit is.
Ek dink dit sal mense insig gee oor die lewe van diegene wat dit moét doen om aan die lewe te bly. Die geld kan dan geskenk word aan ‘n organisasie,” vertel Mallet.
Hy het sowat ‘n jaar gelede alles wat hy besit verloor en kan nog nie werk kry nie.
Hy het al sy sekuriteitsgrade en ondervinding maar kry nie ‘n vaste werk nie.
Fanie sê dankie: