Local NewsNews

Eiendomme in sakeplanvisier

Sommige eiendomme wat deel van Progress Milling se sakereddingsplan is, kan binnekort nuwe eienaars kry indien voorleggings deur die sakereddingspraktisyn, Dave Lake aanvaar word. Dit volg nadat die houermaarskappy van Progress Milling, A M Alberts (Edms) Bpk op 11 April 2016 onder sakeredding geplaas is. Volgens Francois D’Hautefort, woordvoer­der van die konsortium wat die sakebelange …

Sommige eiendomme wat deel van Progress Milling se sakereddingsplan is, kan binnekort nuwe eienaars kry indien voorleggings deur die sakereddingspraktisyn, Dave Lake aanvaar word.
Dit volg nadat die houermaarskappy van Progress Milling, A M Alberts (Edms) Bpk op 11 April 2016 onder sakeredding geplaas is.
Volgens Francois D’Hautefort, woordvoer­der van die konsortium wat die sakebelange van Progress Milling in ooreenstemming met die sakereddingsplan oorgeneem het, vorm dit deel van die ontknoping en reorganisering van Progress Milling se sakebelange.
Die sakereddingsplan maak daarvoor voorsiening dat die niekernbelange van Progress Milling vervreem kan word indien dit in belang van krediteure is. D’Hautefort het Polokwane Observer verseker dat huurders van sodanige eiendomme wat oor geldige huurooreenkomste beskik, se belange beskerm sal word. Die ‘Huur gaat voor koop’-regsbeginsel geld ook in hierdie geval.
Een van die eiendomme wat geraak word, is die perseel by Groblerstraat 42A waarop Natural Living Spa & Wellness Centre, Dag-Ga-Boys Pub & Grill en ‘n aantal ander bekende besighede gevestig is.
Teen druktyd kon nie bevestig word welke grondgebruiksreg op die eiendom van toepassing is nie.

Story and photo: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Featured photo: Die besigheidsperseel by Groblerstraat 42A wat by die sakereddingsplan van A M Alberts (Edms) Bpk ingesluit is.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button