NewsSchools
Speletjiesdag om vakansie behoorlik in te lui
Leerders het onophoudelik in die skuimbolle, sprinkastele en waterwurms tydens Pietersburg Laerskool (PLS) se onlangse Speletjiesdag baljaar. ‘n Hittegolf het die ideale omstandighede vir die nat pret geskep en leerders van graad R tot -7 het oral op die rugbyveld met spierwit gesmeerde sonskermgesigte rondgespeel en in die water geplas. Suidskool hou jaarliks die dag …
Leerders het onophoudelik in die skuimbolle, sprinkastele en waterwurms tydens Pietersburg Laerskool (PLS) se onlangse Speletjiesdag baljaar.
‘n Hittegolf het die ideale omstandighede vir die nat pret geskep en leerders van graad R tot -7 het oral op die rugbyveld met spierwit gesmeerde sonskermgesigte rondgespeel en in die water geplas.
Suidskool hou jaarliks die dag om die jaar behoorlik af te sluit en die vakansie met geesdrif aan te pak.
Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Schalk van der Merwe op ‘n waterwurm.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!