Nuwelinge by kleuterskool verwelkom

Daar was geen teken van trane toe Erica Pre-primêre Skool Vrydag volgende jaar se nuwelinge en hulle ouers verwelkom het nie. Kleuters wat reeds gesoute Erica-leerders is, kon by hulle onderwysers van 2017 inloer. Teen laatoggend het die ouers afskeid geneem en die jongspan by die skool gelaat om die res van die dag te …

Daar was geen teken van trane toe Erica Pre-primêre Skool Vrydag volgende jaar se nuwelinge en hulle ouers verwelkom het nie.
Kleuters wat reeds gesoute Erica-leerders is, kon by hulle onderwysers van 2017 inloer.
Teen laatoggend het die ouers afskeid geneem en die jongspan by die skool gelaat om die res van die dag te speel.
Skoolhoof Monja Groenewald sê daar is steeds plekke vir volgende jaar beskikbaar en dat almal opgewonde is nuwe klasse wat hopelik volgende jaar sal realiseer.

Storie en fotos: NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com

Hooffoto: Alexa de Jager, leerkrag van Erica Pre-primêre Skool verwelkom Suané Booysen en Salome Els.

Nuwe kleuters van Erica Pre-primêre Skool is tuis in Arina Boshoff se klas.
Maquerette le Grange doen moeite om Lené Kuhn tuis te laat voel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version