BusinessNews

Mall of the North reik uit na Martha Hofmeyr

Mall of the North se bestuur, twee huurders en borge het die inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes Maan­dag met ‘n kerspartytjie verras. Die inwoners het gesmul aan ‘n heerlike ete wat deur Panarottis Mall of the North voorberei is. Mall of the North bemarkingsbe­stuurder Mari Delport en promosie­bestuurder Tabitha Lekganyane het fluks vrugtesap …

Mall of the North se bestuur, twee huurders en borge het die inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes Maan­dag met ‘n kerspartytjie verras.
Die inwoners het gesmul aan ‘n heerlike ete wat deur Panarottis Mall of the North voorberei is.
Mall of the North bemarkingsbe­stuurder Mari Delport en promosie­bestuurder Tabitha Lekganyane het fluks vrugtesap wat deur Game Mall of the North en ‘n plaaslike verskaffer geborg is, geskink en seker gemaak dat elke gas soos ‘n koning of
koningin behandel word.
Vir nagereg het almal stukke van ‘n heerlike koek wat Mall of the North geskenk het, geniet.
‘n Geskenksak vir elke inwo­ner gevul met toiletware geborg deur Mall of the North, asook ‘n pakkie koekies geskenk deur Erica Pre-Primêre Skool het die partytjie afgerond.
Plaaslike sanger en leerder van Hoërskool Pietersburg, Mischa Bekker, het die senior burgers vermaak en ‘n groep weldoeners het geskenke aan elkeen uitgedeel.
Dawie Lee, bestuurder van die SAVF Polokwane het elke borg wat die partytjie moontlik gemaak het bedank en gesê dat die geleentheid ongelooflik baie vir elke inwoner beteken het.

Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Rolspelers wat die dag moontlik gemaak het, is (voor) plaaslike sanger Mischa Bekker, Thabita Lekganyane, promosiebestuurder van Mall of the North en Dawie Lee, bestuurder van die SAVF Polokwane. In die middel is Mari Delport, bemarkingsbestuurder van Mall of the North. Agter is Zodwa Mashele, bestuurder van Panarottis Mall of the North, Shepard Mahlatji en Innocent Mongwe, kelners van Panarottis Mall of the North, Adelaide Els, seniorbestuurder van Panarottis Kaapstad wat tans met opleiding by Panarottis Mall of the North besig is, en Kedibone Tshamtsha, kelner van Panarottis Mall of the North.

Mischa Bekker, leerder van PHS vermaak die inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes.
Mischa Bekker, leerder van PHS vermaak die inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes.
Annie Wentzel met haar geskenk van Mall of the North.
Annie Wentzel met haar geskenk van Mall of the North.
Pieternella Geldenhuys, inwoner van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes word van slaaisous deur Tabitha Lekganyane, promosiebestuurder van Mall of the North voorsien.
Pieternella Geldenhuys, inwoner van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes word van slaaisous deur Tabitha Lekganyane, promosiebestuurder van Mall of the North voorsien.
Kevin Smith, inwoner van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes word deur Mari Delport, bemarkingsbestuurder van Mall of the North bedien.
Kevin Smith, inwoner van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes word deur Mari Delport, bemarkingsbestuurder van Mall of the North bedien.

Related Articles

Back to top button