Local NewsNews

Bella Vista inwoners, personeel met styl onthaal

Die inwoners van Bella Vista Tehuis is onlangs in weelde deur ‘n plaaslike restaurant onthaal danksy die inisiatief van weldoeners. Annelies Rautenbach, een van die organiseerders het vertel dat haar seun, Eduard deur die Mnr en Mej Heuwelkruin-kompetisie by Bella Vista betrokke geraak het en dat die tehuis hul hele gesin na aan die hart …

Die inwoners van Bella Vista Tehuis is onlangs in weelde deur ‘n plaaslike restaurant onthaal danksy die inisiatief van weldoeners.
Annelies Rautenbach, een van die organiseerders het vertel dat haar seun, Eduard deur die Mnr en Mej Heuwelkruin-kompetisie by Bella Vista betrokke geraak het en dat die tehuis hul hele gesin na aan die hart lê.
Die ete, geborg deur Rautenbach en Riana de Lange, eienaar van die restaurant, het uit ‘n perskevoorgereg, hoenderpastei met slaai en gesondheidsbrood bestaan met rooifluweelkolwyntjies vir nagereg.
Die 18 inwoners kon ook die rustigheid van die restaurant se lieflike tuine geniet.
De Lange het vertel dat dit vir haar ‘n voorreg was om die ete aan te bied. “Tydens die feestyd besef mens opnuut hoeveel hy het om voor dankbaar te wees, insluitend gesondheid, en dan is dit ‘n plesier om iets vir ander te doen.”
Die gaste het ook elkeen ‘n geskenk ontvang en is deur ‘n plaaslike busdiens na en van die restaurant vervoer.

Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Dorothy Mpe, hulpwerker van Bella Vista Tehu

Riana de Lange en Annelies Rautenbach het die ete gereël.
Riana de Lange en Annelies Rautenbach het die ete gereël.
Ria en Arij van Vliet, bestuurders van Bella Vista Tehuis.
Ria en Arij van Vliet, bestuurders van Bella Vista Tehuis.
Daniël Knoetze, Neels Reyneke en Daantjie Nel geniet die voortreflike ete.
Daniël Knoetze, Neels Reyneke en Daantjie Nel geniet die voortreflike ete.

is kuier saam met inwoners Jeanette van der Merwe en Terscha Nieman.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button