Local NewsNewsUpdate

[VIDEO] Gee my net ‘n kans – Fanie Mallet

Review het Fanie, wie 'n lewe maak deur te bedel, ontmoet na ‘n motorongeluk waar hy bewys het dat hy letterlik nie net sy baadjie nie, maar ook sy hemp uitgetrek het om mense in nood te help.

POLOKWANE – Wanneer daar gesê word dat Fanie Mallet sy klere van sy rug af sal haal om mense te help is dit geen afgewaterde standpunt nie.

Hy is ‘n man wat ‘n lewe maak deur te bedel. Vir die laaste jaar doen hy dit om vir homself en sy bokkiehondjie kos te kan koop en om vir hulle slaapplek te kan betaal.

Fanie vertel dat die lewe op die straat nie maklik is nie. “Ek staan van vroegoggend af hier en vra mense baie mooi om my te help, net om toegesnou te word deur mense wat my vertel dat ek besig moet wees met dwelms anders sou ek mos nie op straat wees nie. Dis die verste ding van die waarheid af wat jy kan kry,” vertel hy.

Fanie vertel dat van die mense hom vertel om van die hond ontslae te raak,”maar dis net daardie hondjie wat my aan die gang hou.

“Hy is so bly om my te sien na ‘n lang dag se staan in die son en die een lelike opmerking na die ander te ontvang. Hoe kan ek hom in die oë kyk en sê, “Seun, pa wil jou nie meer hê nie? Ek kan nie, hy is soos my eie kind,” vertel Fanie.

Review het Fanie ontmoet na ‘n motorongeluk Saterdag waar hy bewys het dat hy letterlik nie net sy baadjie nie, maar ook sy hemp uitgetrek het om mense in nood te help.

“Ek het by die verkeerslig gestaan het toe ek motorbande hoor skreeu het.”

“Ek het nader gehardloop en twee vroue in die motor gesien wat baie seer gekry het. Ek het omstanders in die pad gevra om nie die vroue te beweeg nie omdat hulle moontlik rug- en nekbeserings kon gehad het, maar hulle het hulle nie aan my gesteur nie en het die vroue op die sypaadjie neergelê. Ek het my baadjie en hemp uitgetrek en onder hulle gesit sodat hulle gemaklik kon lê. Ek kon nie sien dat hulle net so op die grond is nie,” vertel Mallet.

Hy vertel dat hy gesien het hoe sy klere vol bloed raak maar nie omgegee het nie en net belanggestel het om die vroue so gou as moontlik te kan help totdat die noodpersoneel op die toneel kon kom. “Ek het nie eers daaraan gedink dat ek die res van die dag sonder ‘n hemp sou wees nie, ek wou net die mense geholpe sien,” vertel Mallet.

Mallet het al sy grade in sekuriteit maar sukkel om werk te kry. “Werk is skaars en mense besef dit nie. Wanneer mens eers jou werk verloor het is daar min wat jy kan doen om jouself van die straat af te hou. Ek wil graag begin werk sodat ek ‘n salaris kan verdien om my kamer te kan betaal en kos te koop,” sê hy.

Mallet vertel verder met trane in sy oë dat hy elke dag van omtrent 05:00 by die verkeerslig staan en mense hom slegsê en sommige met hom spot. “Ek weet almal dink dat mense wat staan en bedel net drank en dwelms wil koop maar dis nie by my die geval nie. Ek wil net vir myself kan klere en kos koop om my en my bokkiehond aan die lewe te hou.”

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button