Kom deel in Geloftefeesvieringe

Die gemeenskap word uitgenooi om op 16 Desember te kom deel in die Geloftefeesverrigtinge by die Geloftefeesterrein Potgietersrus (Mokopane).

“Soos ons almal bewus is, is daar Desember 1838 ‘n Gelofte gemaak aan God. As nasate van die Voortrekkers het ons die plig om jaarliks die Gelofte te betaal op 16 Desember. Daarom die versoek dat u almal wat geraak word deur hierdie Gelofte, te nooi om te deel in hierdie verrigting,’ sê Rudi Kruger.

Program: Boekevat elke aand, 12-15 Desember om 18:00 by die Geloftefeesterrein.

16 Desember om 09:00 ‘n kerkdiens behartig deur Ds. Philip Buitendag. Gevolg deur die feesrede deur Prof. Willie Coetzee. Inwoners word vriendelik versoek om stoele saam te bring.

Vir meer inligting stuur Rudi ‘n epos na rudi@armsandammo.co.za.

Exit mobile version