JJ beklink talle klank kompetisies

JJ van Staden is geen vreemdeling wanneer dit kom by wen nie.

POLOKWANE – Hy lewe sy passie vir klank in sy motor uit in elke opsig van die woord. Sowat ‘n jaar gelede het JJ begin om met die klank toerusting in sy voertuig te begin speel en spog nou met nie minder nie as 11 pryse wat hy reeds verower het.

JJ is net een van vele jong mans in die stad wie jaarliks aan klankkompetisies deelneem.

Die kompetisie is straf en die klank binne die motors word op verskillende vlakke getoets waarna die beste motor met die beste klank dan die prys ontvang.

JJ het in die afgelope jaar so gegroei en verbeter met sy klank dat hy 11 van die 12 klankkompetisies gewen het waaraan hy deelgeneem het.

“Ek sal nie sê die kompetisie is ‘n sport nie. Dis die geleentheid vir mense van alle ouderdomme om tyd saam met mekaar te kan spandeer en lekker saam te kuier.

Daar is mense wat ook jaag met die karre maar vir my gaan dit als net oor die klank,” vertel JJ.

Hy is ook een van die lede van Team Furious wat ‘n paar jaar gelede begin het met net ‘n handvol lede en tans gegroei het na 32 lede waarvan almal aan die klankkompetisies deelneem.

JJ nooi inwoners van alle ouderdomme uit om deel te word van die groeiende groep mense wat klank en die liefde van musiek deel.

“Ons hou nie net van lawaai nie maar ook van die suiwerheid van musiek. Dis iets wat ek sal aanbeveel vir enige iemand omdat dit nie ‘n duur sport hoef te wees nie maar dat dit maklik iets is waaraan mens baie geld kan spandeer as jy sou wil,” verduidelik JJ. Sy droom is om verder en verder te gaan deel neem aan ander kompetisies en selfs in internasionale kompetisies te kan gaan deel neem.
riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version