Leerders se vroeë Kersfeesbederf

Met Kersfees om die draai het die Ystertjies van Pietersburg Laerskool (PLS) onlangs ‘n besoek van Limpopo Toyota se Kersvader en sy helper ontvang. Lynette van Alleman, administratiewe bestuurder van Limpopo Toyota en inisieerder van die projek sê sy en haar suster, Chantelle Wilhelm het die afgelope vyf jaar met die hulp van Limpopo Toyota …

Met Kersfees om die draai het die Ystertjies van Pietersburg Laerskool (PLS) onlangs ‘n besoek van Limpopo Toyota se Kersvader en sy helper ontvang.
Lynette van Alleman, administratiewe bestuurder van Limpopo Toyota en inisieerder van die projek sê sy en haar suster, Chantelle Wilhelm het die afgelope vyf jaar met die hulp van Limpopo Toyota en personeel toegesien dat dié behoeftige leerders ‘n aangename feesseisoen beleef.
PLS-leerkrag, Lisa Venter wat in beheer van die Ystertjie-projek is, verskaf jaarliks ‘n lys van name met ouderdomme, geslagte en uitrustinggroottes sodat die geskenke nommerpas is.
Elke leerder het ‘n yslike roomys gekry voordat Kersvader hul om die beurt naderge­roep het om hul geskenkpakkies te ontvang.
“Ek wil graag ‘n borg vir elke kind vir ‘n nuwe uitrusting, speelding, toiletware, skryfbehoeftes en lekkernye hê,” sê Van Alleman.
Suidskool se Ondersteuningsfonds verleen hulp aan behoeftige leerders en hul gesinne met kos en noodsaaklikhede.
Toyota Limpopo bederf hulle met geskenke soos ‘n speelding en ‘n nuwe uitrusting. “Enige kind wil graag ‘n speelding ontvang en mooi lyk oor die feestyd,” sê Van Alleman.

Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Personeel van Limpopo Toyota wat geskenkies aan die behoeftige leerders van Suidskool uitgedeel het, is Ryno Jardin, senior verkoopspersoon, Nelmar Smith, finansiële bestuurder, Rickard Pretorius, onderdelebestuurder, Bianke Grové, persoonlike assistent en Lynette van Alleman, administratiewe bestuurder.

Kersvader se helper, Bianke Grové, persoonlike assistent van Limpopo Toyota ontvang ‘n drukkie van een van die leerders.
Bianke Grové, persoonlike assistent van Limpopo Toyota is Kersvader se helper. Rickard Pretorius, onderdelebestuurder van Limpopo Toyota is Kersvader.
‘n Ystertjie ontvang haar geskenk van Bianke Grové, persoonlike assistent van Limpopo Toyota.
Charlotte van den Berg, leerkrag van Suidskool deel roomys uit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version