Bosveld NewsCrimeNews

Sportwinkel in dorp geroof

Nadat Mokopane verlede week onder 'n vlaag gewapende rooftogte deurgeloop het, het die booswigte weer Maandag by 'n winkel in Thabo Mbekirylaan toegeslaan.

MOKOPANE – Mokopane Polisiewoordvoerder, Sersant Irene Masingi sê: “Vier verdagtes het by ‘n sportwinkel om 09:10 ingestap en een van die booswigte het die winkelassistent se aandag daarop gevestig dat hy ‘n vuurwapen by hom het. Die verdagtes het die drie assistente beveel om na die stoorkamer te gaan, waar hulle R18 000 kontant en selfone tot die geskatte waarde van R71 800 gebuit het.”

Masingi sê verder geen skote is afgevuur nie en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

In ‘n poging om die misdaad te bekamp het die polisie nou ‘n 24-uur noodnommer wat vir sewe dae ‘n week beskikbaar is. Indien enigiemand in nood verkeer kan hul die polisie by 079 951 5885 kontak.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button