Bosveld NewsLocal NewsNews

‘n Noue ontkoming

"Nadat ek die wrak van die bakkie gewaar het, het ek vir die bestuurder gesê dit is 'n wonderwerk dat hy steeds leef".

MOKOPANE – Só sê ‘n anonieme bron wat Sondag op die ongelukstoneel op die N1 buite Mokopane was. Die bestuurder van ‘n bakkie het ‘n noue ontkoming gehad toe hy in ‘n semi-trompop-botsing met ‘n vragmotor betrokke was.

Die bestuurder van die bakkie het glo tot almal se verbasing slegs ligte beserings opgedoen en die bestuurder van die trok is nie beseer nie.

Na bewering word die ongeluk aan spoed en moegheid toegeskryf.

Nadat die foto’s van die ongeluk hulle verskyning op Facebook gemaak het, het dit behoorlik op sosiale media gegons en het een inskrywing gelees: “That’s what I call a wake-up call”.

In die jaar alleen het talle mense in ongelukke op dié deel van die N1 gesterf en is dit informeel Death Road gedoop.

Inwoners kla dat spoedbeheermaatreëls op die pad onvoldoende is en dat die sigbaarheid van die verkeerspolisie op dié deel van die N1 moet toeneem, veral met die feesseisoen wat wink.

‘n Ongeluk geskied binne etlike minute, jou konsentrasie word afgetrek, want jy beantwoord gou ‘n boodskap op jou foon of jy is moeg en sluit jou oë, en in ‘n oogwink verander jou lewe vir altyd.

Bosveld doen ‘n beroep op die gemeenskap, wat nie die vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry nie, om by die spoedgrens en padreëls te hou en om veilig by hulle bestemmings te arriveer.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button