Local NewsNews

Noue ontkoming vir ma, twee dogters

Cassandra Foul sê alhoewel bystanders gesien het dat hulle beroof word, het niemand hulle probeer help nie

POLOKWANE -‘n Ma en haar twee dogters is helder oordag in die middestad beroof.

Casandra Foul vertel sy het bewus geraak van ‘n groep van vyf mans wat hulle vanaf ‘n meubelwinkel in Landdros Maré agtervolg het.

“Ons het by die motor aangekom maar voordat ek my deur behoorlik kon toemaak, het een van die mans dit oopgepluk en letterlik op my skoot gesit.

Hy het ‘n mes teen my sy gedruk terwyl die ander mans wie in die motor geklim het, messe teen my dogters se kele gehou het,” vertel sy.

Faul sê die mans het die twee selfone wat sy en haar dogters aan hulle gehad het gesteel en weggestap asof niks gebeur het nie. Sy het ‘n sekuriteitswag by ‘n nabye winkel vra om hulp maar dié het gesê sy kan die gesin nie help nie omdat sy niks gesien het nie.

“Gelukkig kon een van die ander winkels se bestuurder ons help om my man te laat weet wat gebeur het en die polisie van die voorval in kennis te stel,” vertel Faul.

“Daar word vir ons in die kerke geleer om ons medemens lief te hê, maar dis duidelik dat dit nie in Polokwane moontlik is nie,” sê Faul.

Polokwane Polisiewoordvoerder, kapt. Ntobeng Phala, het aan Review gesê dat hy nie kennis van die spesifiek voorval dra nie omdat dit nie aangemeld is nie.

“Ons maan inwoners gedurende die feesseisoen om versigtig te wees, veral as hulle gaan inkopies doen. Mense moet probeer om so ver moontlik nie groot bedrae geld by hulle te hê nie en moet probeer om so ver moontlik nie waardevolle items soos selfone ten toon te stel nie. Dit maak hulle ‘n aanloklike teiken vir misdadigers,” maan Phala.

riana@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button