Kruinies-drama is tops

Curro Heuwelkruin se leerders en personeel het gewys wat in hulle steek toe hulle onlangs die Bestmed mediese skema se You've Got The Power musiekvideokompetisie gewen het.

POLOKWANE -Heuwelkruin se dramaonderwyser en kultuurhoof, Nicole Senekal, het aan Review verduidelik dat die laer- en hoërskoolleerders elk hul deel gedoen om dié gesogte prys op te raap.

Altesaam agt videos is opgeneem wat toe in een finale video saamgesmelt is om die wenvideo te produseer.

Personeel van Bestmed se hoofkantoor in Pretoria asook Fred Hurter van Chrismar Healthcare Consultants in Polokwane het die skool aangenaam verras toe hulle die prysgeld van R20 000 verlede Donderdag oorhandig het. Saam met die algehele wenprys is daar ook afsonderlike kontantpryse deur die personeel en leerders gewen vir hul bydrae.

roelof@nmgroup.co.za

 

Exit mobile version