Bosveld NewsNews

Kersliggies gaan helder skyn by Piet Potgieter Monument Ouetehuis

Die program sien as volg daaruit:

MOKOPANE – Die Piet Potgieter Monument Ouetehuis hou weer vanaf begin Desember sy Kersfeesliggiefees en nooi die hele gemeenskap om te kom deel in die viering.

Die program sien as volg daaruit:

1 Desember:

16:00 tot 20:30 – Kersmark (skakel 015 491 6314 om ‘n stalletjie te bespreek).

20:00 – Die Kersfeesliggies word by die ouetehuis aangeskakel.

2 Desember:

18:30 – Kersliedere met begeleiding deur trompetspeler Pieter-Willem en ds. Hennie Nel.

3 Desember:

18:30 – Fondue en Kersfees Klokkespel deur Gottfried Schiele. R100 per persoon.

Gasvrouens dek self tafels en voorsien bykos vir fondue. Ouetehuis verskaf vleis.

6 Desember:

17:00 – Kersete vir tehuis se 210 seniors op Crossing Mall se dak.

7 Desember:

18:30 – Pizza en Wyn, en ‘n optrede deur Barend Deysel. R40 per persoon, bring eie wyn.

10 Desember:

14:00 – Is jy fikser as ‘n bejaarde? Kom wys jou staal op die maat van Jingle Bells. Inskrywingfooi: R10.

17:00 – Skaapkop, afval en hoender asook bykosse en nagereg tussen kersliggies. R100 per persoon.

13 Desember:

17:00 – Kersboom vir 80 verswakte inwoners. Wenslysies beskikbaar by tehuis.

Toegangsfooi by die hekke vir 1 Desember beloop R10 vir volwassenes en R5 vir laerskoolkinders. Geen toegangsfooi vir voorskoolkinders. Op 2 Desember is die hekfooi R5.

Kontak Mariana van Tonder by (015) 491 6315 om betrokke te raak of vir meer inligting.

 

Related Articles

Back to top button