Bosveld NewsNews

Hou dié kontaknommers byderhand en ontvang vinniger, flinker diens

Inwoners sale vinniger en flinker diens kry indien hulle die onderskeie departemente direk met hulle probleem nader. Hier volg 'n lys met die nodige kontaknommers:

MOKOPANE – “Die gemeenskap se belange lê ons na aan die hart en indien ons hulle las kan verlig spring ons graag tot aksie om hulle te help. Dit is egter onlangs onder ons aandag gebring dat die meeste inwoners nie oor die nodige munisipale kontaknommers beskik nie,” sê DA Raadslede, Korny Dekker en Yolandé Coetzee.

Hulle is van die mening dat inwoners vinniger en flinker diens kan kry indien hulle die onderskeie departemente direk met hulle probleem nader.

Die na-ure nommer is vir noodgevalle alleenlik naamlik; kragonderbrekings, verstopte dreine, brande, ongelukke of ander verkeersprobleme.

Die na-uur personeel is ten alle tye op bystand en die publiek kan op hul knoppie druk in tye van nood.

Vir enige ander navrae kan inwoners die departemente binne werksure kontak.

Hier volg ‘n lys met die nodige kontaknommers:

Verkeer en Nooddienste: (015) 491 9800 na-ure, (015) 491 4444.

Water en Sanitasie: (015) 491 9640.

Munisipale inbelsentrum se nr. is: 087 941 4664.

Die lisensiëringafdeling se nr. is: (015) 491 9683/9784/9685.

Vir hulp rakende slaggate kontak: (015) 491 9659/9643 en vir kwessies rakende elektrisiteit kontak (015) 491 9668/9778. Vir navrae inverband met elektrisiteit- en waterrekeninge kontak (015) 491 9669/9670/9617/9618.

Vir die sny van bome en gras kan inwoners (015) 491 1518 kontak en vir die verwydering van vullis kontak (015) 491 9723.

“Ons ondervind dat die noodnommer se skakelbeamptes nie aldag so effektief is soos wat hul veronderstel is om te wees nie en daarom het ons in ‘n vergadering met hul departementshoof belê om die kwessie te bespreek.

“Ons wil nie Desember met die kopseer van onbehulpsame personeel sit nie,” sê Coetzee en Dekker.

Die DA Raadslede sê die gemeenskap is welkom om hulle vir hulp te nader indien inwoners nie by die onderskeie afdelings vrugte werp nie.

Dekker kan by 082 878 1502 gekontak word en Coetzee by 079 273 7986.

Related Articles

Back to top button