Bosveld NewsNews

Bring jongspan vir vingerafdrukke

Die Polisie en Potgietersrus Rotarieërs is vandag vanaf 09:00 tot 15:00 by Crossing Mall waar ouers welkom is om hulle kinders te bring vir die saamstel van ‘n identiteitsboekie.

MOKOPANE –  Die kleingoed se vingerafdrukke sal geneem word en al hulle besonderhede daarin aangebring word. Die boekie met inligting word dan aan die ouers gegee om te bêre, sou ‘n kind vermis raak vergemaklik dit die taak van die polisie om die kind op te spoor. Die ouers word versoek om elke jaar ‘n nuwe foto van hulle kind aan te heg en vir DNA doeleindes is dit wys om ‘n stukkie van jou kind se hare by te voeg. Elke mens se vingerafdrukke is uniek en en nie twee mense het dieselfde afdrukke nie.
Indien jy Vrydag die geleentheid mis om ‘n draai in Crossing Mall te maak, is daar op 25 November weer ‘n kans om aan te meld in die Mokopane Mall.

Related Articles

Back to top button