Veilig met fietse

Lede van die Edwel gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het besluit om ‘n sosiale groep te vorm wat op hul fietse rond ry en terselfde tyd hul omgewing beveilig.

POLOKWANE – “Ons het net begin om saam te ry in die aande op fietse om die omgewing te patroleer. Ons is nie deel van die patrolie wat elke aand plaasvind nie, maar ons het ‘n bakkie wat saam met ons ry. Ons sal saam ry in party strate en wanneer ons sien daar is moeilikheid, sal ons opdeel. Met ‘n voertuig is jy geneig om makliker verby ‘n skelm te ry, maar geen skelm kan vir ‘n fiets wegry nie. Ons stop gereeld vir koeldrank of koffie en geniet net die tyd saam,” vertel Lourens Lensley, een van die fietsryers.

Hy vertel dat hulle ongeveer 14 lede is wat op ‘n gereelde basis saam ry en dat hulle ‘n groot deel van Eduanpark, Bendor, Welgelegen en ‘n deel van Hospitaalpark beman.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version