NewsSchools

Top 10-gala lok Lim laerskole se beste swemmers

Swemmers van die provinsie se beste laerskoolswemskole het Saterdag aan die jaarlikse Skole Top 10 Swemkampioenskappe by Mitchell House deelgeneem. Deelnemende skole het as wenners van hul onderskeie distrikte na hierdie prestige byeenkoms deurgedring, terwyl verlede jaar se wenners, Laerskool Krugerpark in Mokopane hul plek reeds met dié wen verseker het. Danelle du Toit van …

Swemmers van die provinsie se beste laerskoolswemskole het Saterdag aan die jaarlikse Skole Top 10 Swemkampioenskappe by Mitchell House deelgeneem.
Deelnemende skole het as wenners van hul onderskeie distrikte na hierdie prestige byeenkoms deurgedring, terwyl verlede jaar se wenners, Laerskool Krugerpark in Mokopane hul plek reeds met dié wen verseker het.
Danelle du Toit van Laerskool Phalaborwa het die toekenning vir beste individuele item met haar prestasie in die 50 m vryslag vir meisies o.8 ingepalm, terwyl Juan Randall van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het die toekenning vir die beste individuele item vir seuns dansy sy blitsige wenslag in die 50 m rugslag vir seuns o.8 gekry het.
Die junior Victrix Ludorum-swemmer was Mieke Oosthuizen van Laerskool Jullian Muller in Groblersdal en die junior Victor Ludorum-swemmer was Jason Bos­­­­man van Laerskool Tzaneen. Bernice Laboff van Laerskool Krugerpark is was senior Victrix Ludorum-swemmer, terwyl Ayden Jordaan van Oosskool die senior Victor Ludorum-swemmer was.
Krugerpark het met ‘n totaal van 774 punte vir ‘n derde agtereenvolgende jaar as wenskool uit die stryd getree.

Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Senior Victrix Ludorum-swemmer, Bernice Laboff  van Laerskool Krugerpark.

Jason Bosman van Laerskool Tzaneen neem aan die 200 m wisselslag vir seuns o.10 deel.
Jason Bosman van Laerskool Tzaneen neem aan die 200 m wisselslag vir seuns o.10 deel.
Bernard Mentz van Oosskool haal uit in die 50 m-rugslag vir seuns o.13.
Bernard Mentz van Oosskool haal uit in die 50 m-rugslag vir seuns o.13.
Travis Anderson, o.11 van Laerskool Pie­tersburg-Oos duik in die swembad vir die 100 m-vryslag­item.
Travis Anderson, o.11 van Laerskool Pie­tersburg-Oos duik in die swembad vir die 100 m-vryslag­item.
Mieke Oosthuizen, o.10, van Laerskool Julian Muller, die ju­nior Victrix Ludorum-swemmer.
Mieke Oosthuizen, o.10, van Laerskool Julian Muller, die ju­nior Victrix Ludorum-swemmer.

Related Articles

Back to top button