NewsSchools

Marnè Ebersohn Akademie se eerste revue ‘n klinkende sukses

Toewyding, spanwerk en entoesiasme het meegewerk om Marnè Ebersohn Akademie se eerste revue, Vivace 2016 se treffersukses te verseker. Al die skool se leerders van graad R tot graad 11 het deelgeneem en elke graadgroep het hul eie liedjies gekies en self die choreografie onder leiding van hul graadvoogde uitgewerk. Die onderskeie groepe se eie …

Toewyding, spanwerk en entoesiasme het meegewerk om Marnè Ebersohn Akademie se eerste revue, Vivace 2016 se treffersukses te verseker.
Al die skool se leerders van graad R tot graad 11 het deelgeneem en elke graadgroep het hul eie liedjies gekies en self die choreografie onder leiding van hul graadvoogde uitgewerk. Die onderskeie groepe se eie stemme is in Studio Marnè opgeneem en met die oorspronklike opnames deur Stefan Ebersohn, uitvoerende hoof en musiekghoeroe vermeng.
“Mag elke leerder wat in die revue optree God met sy of haar talent behaag,” het Mariette Ebersohn, skoolhoof van Marnè Ebersohn Woensdagaand in haar verwelkomingstoespraak gesê. Sy het spesiale dank teenoor leerders, onderwysers, ouers en borge vir hulle harde werk uitgespreek.

Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Hooffoto: Graad 10.

Graad 7.
Graad 7.
Graad 6.
Graad 6.
Graad 8.
Graad 8.
Graad 5.
Graad 5.
Graad 4
Graad 4
Graad 3.
Graad 3.
Graad 2.
Graad 2.
Graad 9.
Graad 9.
Graad 1.
Graad 1.

Related Articles

Back to top button