Wessels en Kie stel kliënte al 30 jaar lank eerste

Con Wessels, stigter van Wessels en Kie Rekenmeesters glo in persoonlike kliëntediens en meen dit is die kern van sy rekenmeestersfirma se sukses. “Dit is vir my baie belangrik dat elke kliënt wat by ons instap ‘n persoonlike verhouding met een van ons bestuurders bou en altyd presies weet wie in beheer van sy finansiële …

Con Wessels, stigter van Wessels en Kie Rekenmeesters glo in persoonlike kliëntediens en meen dit is die kern van sy rekenmeestersfirma se sukses. “Dit is vir my baie belangrik dat elke kliënt wat by ons instap ‘n persoonlike verhouding met een van ons bestuurders bou en altyd presies weet wie in beheer van sy finansiële sake is.”
Nog ‘n suksesresep is dat alle personeel deel van die firmabestuur is. “Elkeen het teikens om te bereik, moet verantwoording vir sy afdeling doen en neem aan die besluitnemingsproses deel. Elke persoon se voostelle en insette is ewe belangrik in die bestuur van Wessels en Kie ongeag of hulle junior of senior bestuurders is.” Daar is ook sekere voordele en aansporings wat dit vir personeel die moeite werd maak om hul teikens te bereik.
Wessels is in Augrabies in die Noord-Kaap gebore en getoë. “In my matriekjaar aan die Hoërskool Kakamas het die skoolhoof gesê die Landbank wil matrikulante aanstel. Ek het aansoek gedoen en in 1967 by die Landbank in die destydse Pietersburg begin werk. Die stad en sy mense was baie goed vir my en ek kan nie genoeg dankie sê vir elkeen se bydrae in my lewe en besigheid oor jare nie.”

Dewald Prinsloo, Jaco Wessels en Willem Smit het elkeen al meer as tien jaar diens by Wessels en Kie Rekenmeesters. Agter is Con Wessels, stigter.
Dewald Prinsloo, rekenmeester, en MD Dreyer, ingeskrewe klerk, werk in een afdeling.
Jacques Lister, ingeskrewe klerk, Willem Smit, kantoor- en opleidingsbestuurder, en Migual Barradas, student.

 

 

 

 

 

 

 

 

Op 30-jarige ouderdom besluit hy om rekenmeester te word en voltooi sy studies en klerkskap by die destydse Durant Louw en Botha Ouditeurs. In 1986 stig hy Wessels en Kie en begin werk van ‘n kantoor by sy huis. “Ek het aanvanklik net twee kliënte gehad wat salaristrekkers was en het intussen ook administrasie by ‘n trekkeronderdelemaatskappy gedoen.” Dit was moeilike tye en net my geloof en die genade van Bo het my deurgedra

Hy het groot lof vir sy vrou, Rina, wat in 2011 oorlede is, vir al haar ondersteuning en hulp oor jare.
“Sy was ‘n daadwerklike en integrale deel van Wessels en Kie se groei.”
Van sy tuiskantoor het hy mettertyd uitgebrei totdat Wessels en Kie 19 jaar gelede op die huidige perseel, Albatrossentrum 6 in Markstraat 19 gevestig is.

Con Wessels is die stigter van Wessels en Kie Rekenmeesters.
Con Wessels en Dewald Prinsloo bespreek bestuursinligting.
Links: Ontvangsdame en admini­strateur, Johwilna Groenewald.

Wessels en Kie Rekenmeesters gee aan jong rekenmeesters die geleentheid om hul klerkskap te voltooi en akkreditasie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters (Saipa) te kry. “Ons verwag van klerke om minstens hul eerste studiejaar te voltooi voordat hulle ‘n klerkskapkontrak sluit, omdat ons seker wil maak dat hul ernstig oor hul loopbaankeuses is.”
Elke spanlid by Wessels en Kie het ook spesifieke areas van kundigheid. Liana de Necker is belas met maatskappyregistrasies, trusts en boedels. Dewald Prinsloo is in beheer van maandelikse bestuursinligting met MD Dreyer as sy ingeskrewe klerk. Henno Booyzen het pas sy klerkskap voltooi en Ruan Wassenaar is ‘n ingeskrewe klerk. Willem Smit is die kantoor- en opleidingsbestuurder met Jacques Lister as sy ingeskrewe klerk en Miguel Barradas, student, onder sy vlerk.
Jaco Wessels is in beheer van die firma se rekenaars en sagteware opdatering en spesialiseer in huiseie­naarsverenigings asook beheerliggame van sekuriteitsoorde se maandelikse rekeninge.
“Dankie aan elke kliënt wat deur die afgelope 30 jaar lojaal aan Wessels en Kie was en elkeen van ons personeellede wat getrou aan die firma se beeld bou. My medepraktisyns verdien dank omdat geeneen van ons totaal outonoom is nie, ons leer by mekaar en deel idees,” sluit Wessels af.

Storie: MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com

Hooffoto: Con Wessels, voor, as jong seun in Augrabies in die Noord-Kaap. Agter hom is sy broer, Willem, sy pa, Hendrik, en ‘n familievriend, Kallie Strauss. (foto’s verskaf)

Willem Smit evalueer Jacques Lister se opleidings­register.
Liana de Necker is belas met maatskappyregistrasies, trusts en boedels.
Dewald Prinsloo, rekenmeester, en MD Dreyer, ingeskrewe klerk, werk in een afdeling.
Jaco Wessels besig met sagteware opdatering en datarug­steundienste.
Wessels en Kie Rekenmeesters se personeel is Liana de Necker, Dewald Prinsloo, Con Wessels, Jaco Wessels en Johwilna Groenewald. Agter is MD Dreyer, Ruan Wassenaar, Henno Booyzen,Willem Smit, Jacques Lister en Migual Barradas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version