Polisie, GPF span saam tydens operasie

Minstens 26 verdagtes is Vrydag tydens ‘n operasie van die Polokwane polisie in die sentrale sakekern vir verskeie misdade in hegtenis geneem. Polokwane polisiewoordvoerder, Le­siba Ramoshaba sê die gearresteerdes sou na verwagting deur die loop van die week in die Polokwane landdroshof verskyn. “Hulle is onder meer op klagte van die oortreding van die immigrasiewet, …

Minstens 26 verdagtes is Vrydag tydens ‘n operasie van die Polokwane polisie in die sentrale sakekern vir verskeie misdade in hegtenis geneem. Polokwane polisiewoordvoerder, Le­siba Ramoshaba sê die gearresteerdes sou na verwagting deur die loop van die week in die Polokwane landdroshof verskyn.
“Hulle is onder meer op klagte van die oortreding van die immigrasiewet, winkeldiefstal, bedrog, motordiefstal, aanranding, roof en die besit van vermoedelik gesteelde goedere aangekeer. Ons het terselfdertyd 210 mense op straat deursoek en bewusmaking oor die beveiliging van hul eiendom en algemene veiligheid by outomatiese tellermasjiene (OTM’s) geskep,” sê Ramoshaba.
Lede van verskeie sektore van die Polo­kwane Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Vrydagmiddag by die polisie aangesluit.
“Die bewusmakingsveldtog is deel van ‘n gereelde operasie wat in die middestad gehou word om die gebied te beveilig en misdaad hok te slaan. Diefstal uit voertuie bly steeds die grootste kopseer wat ons onder mense se aandag wil bring,” sê Ramoshaba.

Die gemeenskap is ook oor mensehandel, senior burgers se regte en huishoudelike geweld ingelig.
Ramoshaba het sy dank teenoor die GPF uitgespreek. “Ons werk hand-aan-hand met die GPF en waardeer hulle insette om misdaad te help bekamp. Opregte dank aan die gemeenskap wat gereeld inligting aan die polisie deurgee wat tot suksesvolle arrestasies lei.”

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Featured photo: Polokwane polisiewoordvoerder, Lesiba Ramoshaba skep bewusmaking onder twee ouer gemeenskapslede.

Zoleka Simons van die Polokwane polisie se kommunikasie-eenheid gesels met ‘n motoris.
Exit mobile version