Local NewsNews

Plaasmoorde – twee mans sterf, drie vas oor Levubu-moord

Die polisie krap steeds kop oor die dood van twee jong mans wie se lyke Maandagoggend op ‘n kleinhoewe op die Percy Fyfepad buite Mokopane gevind is. Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê Marius Horn en Hans Fourie se liggame is deur ‘n werker op die hoewe in die slaapkamer van hul huis gevind. Albei is …

Die polisie krap steeds kop oor die dood van twee jong mans wie se lyke Maandagoggend op ‘n kleinhoewe op die Percy Fyfepad buite Mokopane gevind is.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê Marius Horn en Hans Fourie se liggame is deur ‘n werker op die hoewe in die slaapkamer van hul huis gevind. Albei is in die kop geskiet.
“Die polisie ondersoek tans ‘n moordsaak, maar dit kan moontlik verander afhangende van die vordering van die ondersoek. ‘n Pistool wat dalk tydens die voorval gebruik is, is ook op die toneel gevind. Daar is geen tekens van ‘n inbraak of rooftog nie,” sê Otto.
Die polisie het intussen ‘n soektog na drie verdagtes geloods na die aanranding en moord Saterdagaand op ‘n kleinhoewe-eienaar, JJ Lamprecht in Lephalale.
Otto sê die verdagtes het ongeveer 21:30 aan die deur van Lamprecht se woning geklop. “Hy is oorrompel toe hy die deur oopmaak waarna hy en sy vrou vasgebind en aangerand is. Die aanvallers het geld geëis,” sê Otto.
Sy sê familielede kon Sondag geen kontak met die Lamprechts maak nie en het na die hoewe gegaan om ondersoek in te stel waar hulle die egpaar gevind het. Lamprecht was reeds dood en sy vrou is met ernstige beserings in ‘n hospitaal opgeneem.
Die aanvallers het met kontant en ‘n handwapen gevlug en nog geen arrestasies is gemaak nie. Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte Albertus Haasbroek by 084 644 9001 skakel.
Intussen het drie verdagtes Walter Ma­ringa, Mudau Sylvester Takalani en Khodani Tshishonga Maandag op aanklag van moord op die Levubu-boer, Hennie Bonnema ongeveer twee weke gelede in die Vuwani landdroshof in verband met die voorval verskyn.
Hulle is borgtog geweier en die saak is uitgestel. Een van die verdagtes was vermoedelik ‘n plaaswerker.
Provinsiale polisiewoordvoer­der, Moatshe Ngoepe se van die gesteelde goedere uit Bonnema se huis is ook teruggevind. “Met sy terugkoms by die huis, is hy deur ‘n onbekende aantal skurke aangeval en verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek.”

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Marius Horn en Hans Fourie se lyke is Maandag op ‘n kleinhoewe buite Mokopane gevind. Beide is in die kop geskiet en die vermoedelike moordwapen is op die toneel gevind. (Foto: facebook)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button